- Have any questions?
- +27 63 690 1544
- admin@rosevillekidicare.co.za
Experience:6 years
Ek is die ouma van die skool aangesien ek reeds oor die 70 merk in ouderdom gedraf het. Ek is ‘n ma van ‘n pragtige dogter wat haar graad in Business Management verwerf het. Ek is ‘n omgee mens wat altyd help waar nodig en sommer net waar ek kan. Ek het ‘n groot liefde vir kinders veral die kleintjies. Ek kan vir ure met die peuters en babas speel. Sommige middae sit ek na huis toe gaan tyd net nog ‘n bietjie langer om speel tyd in te werk. Ek het saam met Roseville Kidicare oop gemaak en werk al 6 jaar hier. Dit is vir my besonders om die “ouma van die skool” te wees. Ek het baie Geduld en is ‘n rustige mens van natuur. Ek spaar maandeliks geld wat ek van tyd tot tyd gebruik om my huis in Mpumalanga op te knap. Ek is baie trots op my huis waaraan ek al jare lank werk om te verbeter en in my eie droom huis te omskep.
617 Magdalena Avenue
Roseville, Pretoria
+27 63 690 1544