- Have any questions?
- +27 63 690 1544
- admin@rosevillekidicare.co.za
Experience:6 years
Ek is ‘n baie vriendelike persoon met ‘n sprankelende persoonlikheid wat hou van geselsies aanknoop. Ek is van natuur altyd positief. EK hou van lekker eet en baie “glitter”. Ek het na skool gaan studeer vir ‘n “pastry chef” by die SA School of Cookery waar ek ‘n jaar kursus voltooi het. Ek het egter in my proef tydperk besef dat dit nie iets is wat ek die res van my lewe wil doen nie. Ek het oorweeg om ‘n “kantoor tannie” te word maar dit het na ‘n weile ook nie meer my geprikkel nie. Ek het rond geswerf tot ek by klein kindertjies te lande gekom het. Ek het verskeie kinder kursusse voltooi en toe begin met my NQF Level 4 kursus. Ek werk al drie jaar met klein kindertjies en is dol gelukkig tussen my klas maatjies. Ek sal graag eendag my eie kindertjies wil he maar tot daai dag aanbreek geniet ek dit maar om met ander mense se kinders te werk. Ek wil graag eendag my eie kleuterskool besit en ‘n Audi R8 ry. Ek wil in ‘n groot huis woon met ‘n groot erf en baie klimrame. Ek werk tans hard daaraan om myself te verbeter sodat ek eendag al my drome kan bereik.
617 Magdalena Avenue
Roseville, Pretoria
+27 63 690 1544