- Have any questions?
- +27 63 690 1544
- admin@rosevillekidicare.co.za
Experience:7 years
Ek sou myself die beste as ‘n “op die nippertjie” persoon beskryf. Ek is passievol oor my beroep en het ‘n uitsonderlike liefde vir klein kindertjies. Die “rowwe diamante” is natuurlik my gunsteling. Ek het in 2014 by AROS begin studeer en in 2020 my graad in Grondslag Fase Onderwys verwerf. Ek het in my eerste jaar van studies reeds begin werk. In 2015 het ek gehelp met die opening van Roseville Kidicare en vandag werk ek nog gelukkig by dieselfde kleuterskool. Ek het oor die afgelope agt jaar baie kursusse gedoen om myself te verbeter en te bevorder. Kindersielkunde is ‘n vak wat my na aan die hart lê en ek sal graag my Honneursgraad in Kindersielkunde wil verwerf. Ek is kreatief en altyd bereid om meer te leer veral as dit by Tegnologie kom. Ek geniet dit om gemeenskapsprojekte aan te pak en is altyd “game” vir nuwe avonture. Ek is hardwerkend en pak alles met entoesiasme aan en ek kan myself ook as ‘n “omgee” mens omskryf. Ek is ‘n mamma van ‘n woelige baba seuntjie wat my op my tone hou en elke dag iets nuut leer.
617 Magdalena Avenue
Roseville, Pretoria
+27 63 690 1544