- Have any questions?
- +27 63 690 1544
- admin@rosevillekidicare.co.za
Experience:7 years
Ek is die eienaar van Roseville Kidicare. Ek is tans 58 jaar oud en die ma van ‘n 25 jarige dogter, Marinda Bezuidenhout asook ‘n ouma van ‘n baie oulike kleinseun, Rian.. My dogter het onderwys gestudeer, is gelukkig getroud en het onlangs self ‘n mamma geword. Ek het my verpleeg opleiding in 1981 begin en Algemene Verpleegkunde asook Kraam gedoen waarna ek by die SAW aangesluit het en vir 10 jaar ‘n Kaptein was by 5 Verkennings Regiment in Phalaborwa. Daarna het ek by 1 Militêre Hospitaal in Voortrekkerhoogte aangesluit waar ek teater tegniek gedoen het. Ek het by Eugene Marais Hospitaal aangesluit ‘n paar jaar later as ‘n teater Sr. en waar ek tans as ‘n mediese verteenwoordiger werk. Die kleuterskool idee het begin toe my dogter Marinda Bezuidenhout begin het my haar B.Ed studies. Dit het as ‘n “stokperdjie” begin maar vandag is dit my voltydse werk wat my in die aande asook naweke besig hou. Ek het baie lief geword vir elke kindjie in die kleuterskool en sal die kinders vir niks veruil nie.
617 Magdalena Avenue
Roseville, Pretoria
+27 63 690 1544