- Have any questions?
- +27 63 690 1544
- admin@rosevillekidicare.co.za
Experience:5 years
Ek is ‘n ouma van 60 jaar oud. Ek het drie kinders wat almal klaar is met skool. Ek sien myself as ‘n “born again Christian”. Ek het ‘n passie vir God en Sy Woord. Kerk is vir my baie belangrik. My eerste werk was in Montana waar ek ‘n kok was vir ‘n gesin. Ek het my passie vir kos maak reeds op ‘n vroeë ouderdom gekry maar kon nie verder gaan studeer nie siene dat daar nie die nodige fondse was vir studies nie. Ek het later by Roseville Kidicare aangesluit in ‘n kok posisie. Ek werk omtrent al ses jaar in die posisie by Roseville Kidicare. Ek kry elke dag die geleentheid om passie vir kos maak uit te leef. Ek probeer graag nuwe resepte en hou baie daarvan om te bak. Tussen deur al die kos maak kry ek genoeg tyd om met die kindertjies te speel. Hulle glip ook kort-kort in die kombuis in om my te komplimenteer met die kos wat hulle daagliks kry. My werk is nie altyd 100% reg nie maar ek is altyd bereid om te luister en te leer. Ek vra graag raad en luister na ander se opinies. Ek glo daar is altyd plek vir verbetering. Ek maak graag grappies met mense en probeer altyd help waar ek kan. Ek het ‘n groot liefde vir my baas en al die mense wat saam my hier werk.
617 Magdalena Avenue
Roseville, Pretoria
+27 63 690 1544