- Have any questions?
- +27 63 690 1544
- admin@rosevillekidicare.co.za
Experience:5 years
Ek is baie passievol oor my werk. Dit is vir my een van die grootste voorregte om deel van ‘n kind se grondslag jare te wee. Dit is nie altyd die maklikste werk nie maar dit is beslis die moeite werd as jy aan die einde van ‘n lang dag die glimlaggies op jou kindertjies se gesigte sien. Ek het baie empatie met mense en kan myself as ‘n baie emosionele persoon beskryf. Ek word vinnig emosioneel betrokke by situasies ongeag die omstandighede. Ek luister graag en probeer altyd raad gee waar ek kan. Ek probeer altyd die positiewe in die lewe raak sien en vermy die negatiewe sover moontlik. Ek het ‘n “oop persoonlikheid” en is ‘n ekstrovert wanneer ek in ‘n gemaklike en bekende situasie is. Ek hou baie van gesels. Ek lewe van dag tot dag en ek lewe elke dag voluit asof dit my laaste dag op aarde is. Ek is ‘n “firm believer” van alles in die lewe gebeur met ‘n doel e nek glo nog in “ouvrou stories”. Ek is ‘n vriendelike mense wat omgee oor my medemens. Ek is ‘n mamma van twee pragtige kinders, ‘n sestien jarige seun en ‘n agt jarige dogtertjie. Ek is gelukkig getroud en het ‘n baie geseende lewe. Ons is ‘n baie gehegte familie e nek is beslis ‘n familie-mens. Ek het reeds my NQF Level 4 verwerf en is tans besig met NQF Level 5. Ek sal ook graag verder in onderwys en vroeë kinderontwikkeling wil studeer.
617 Magdalena Avenue
Roseville, Pretoria
+27 63 690 1544